Lokal is Lekker: Draakasem Resensie



Titel/ Title: Draakasem
Skrywer/ Author: Jaco Jacobs
Illustreerder/ Illustrator: Linki Brand
Uitgewer/ Publisher: Lapa Uitgewers/ Publishers
Publikasiedatum/ Publication Date: Mei/ May 2019
Gestuur vanaf /Source: Lapa Uitgewers/ Publishers
Formaat/ Format: Sagteband / Softcover
Bladseye/ Pages: 80
Sterre/ Rating: 4




Opsomming:


Is jy gereed vir ’n skubberige avontuur? 

Darius se pa kan deur ’n rivier vol krokodille swem. 
Sy ma red ou tannies uit brandende geboue. 
Selfs sy kleinsussie skrik vir niks … 
En Darius? 
Hy is nie eens dapper genoeg om van die skool se duikplank af te spring nie. 
Maar alles verander toe hy op ’n dag ’n BAIE VREEMDE present by sy oupa kry … 
 
Jaco Jacobs se splinternuwe avontuurverhaal gaan oor bang wees en dapper wees – en dat daar ’n draak binne elkeen van ons is wat ons kan help om ons vrese te oorkom.



Boek Resensie:

Draakasem vertel die storie van ‘n jong seun wat sy innerlike krag vind in ‘n baie moeilike situasie. Ek het die illustrasies wat deurgaans in die boek gesien kan word, baie geniet. Die illustrasies was kleurvol en het die verhaal pragtig uitgebeeld. Hierdie storie is perfek  vir jong lesers, veral die wat hulself  tussen boelies befind. Die boek  moedig elke leser aan om die draak binne hulself te vind en innerklike krag van hom (of haar 😉) te trek - eintlik ‘n uitdaging wat elkeen op ‘n stadium in hul lewens voor staan, oud en jonk! Hierdie pragtig ge-illustreerde boek sal ek met graagte aanbeveel! Dankie aan Lapa Uitgewersvir die kopie van hierdie boek.

Book Review:

Draakasemwas a fun novel about a young boy who finds strength within himself. I enjoyed the illustrations that can be found throughout the book. Not only where they colourful but I felt as if they portrayed what was happening really well. I think that this book is perfect for young readers who find themselves dealing with bullies. This book encourages the reader to find their inner dragon and draw strength from that. I highly recommend this illustrated story. Thank you to Lapa Uitgewersfor providing me with a copy of this book. 


Yours Reading,
Melleny

Comments

Popular Posts