Lokal is Lekker: Pragtige Piesangs Resensie






Titel/ Title: Pragtige Piesangs
Skrywer/ Author: Elizabeth Laird
Illustreerder/ Illustrator: Liz Pichon
Uitgewer/ Publisher: Lapa Uitgewers/ Publishers
Publikasiedatum/ Publication Date: Mei/ May 2019
Gestuur vanaf /Source: Lapa Uitgewers/ Publishers
Formaat/ Format: Sagteband / Softcover
Bladseye/ Pages: 32
Sterre/ Rating: 4.5

Opsomming:

’n Jong meisie se doodgewone reis deur die bos word ’n verrassende avontuur …

Tembi vat die pad deur die digte Afrika bos op pad na haar geliefde oupa toe. Sy het ’n tros pragtige piesangs wat sy as ’n Spesiale Geskenk vir hom wil gee. Op pad soontoe verloor sy die piesangs en sy loop allerhande stoute diere raak – ’n kameelperd, apies, selfs ’n swerm bye – wat hulle bes probeer om die piesangs met ’n Spesiale Geskenk te vervang. Maar elke keer raak die geskenk weg … Sal sy op die ou einde vir Oupa sy pragtige piesangs kan gee met die hulp van haar dierevriende?

Elizabeth Laird se slim, sirkelagtige volksverhaal word pragtig aangevul deur Liz Pichon se helder illustrasies van Afrika en die kleurvolle diere wat daar bly.

Boek Resensie:

Pratige Piesangs is a wonderlike boek met helder prentjies wat die oë trek. Die boek is maklik om to lees en perfek vir jong- en ouer lesers wat sukkel met die taal. Die goeie sinskonstruksie en woordeskat sal lesers wat nog die taal aanleer baie help. Tembi se advontuur wat gevul is met kleurvolle wilde diere laat mens skaterlag. Die bladsye volg die storielyn met vrolike en kleurvolle tekeninge wat die oog trek – van die pragtige blomme wat vir Tembi gegee word, tot die prag van die leeu se maanhare! Die agterkant van die boek verras met opwindende aktiwiteite vir jong kinders - soos om die hoeveelheid goggas op elke bladsy te tel. Hierdie is beslis ‘n boek waarvan kinders baie sal hou. Dankie aan Lapa Uitgewers vir die boek

Book Review:

This cute little picture book is perfect for readers new to the language young and old. With pictures to assist, this book is an easy read for those who struggle with Afrikaans at school and may need help with regards not only to vocabulary but also to sentence structure. The story line was fun adventure following Tembi on her journey to give her granddad bananas. The illustrations aided the story with colourful images that attract the eye. From the beautiful flowers that are given to Tembi to the amazing lion’s mane! The illustrations are high quality and clear making it an exciting book for young readers. The book also contains fun activities such as counting the number of bugs on each page. This book is perfect for young readers. Thank you so much to Lapa Uitgewers for a copy of this book!

Yours in Reading,
Melleny

Comments

Popular Posts